by Afrikaans.Radio
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Language
🇦🇫
Publishing Since
4/4/2023
Email Addresses
1 available
Phone Numbers
0 available
April 16, 2025
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerheid laat almal kopkrap. Ons kyk ook na die jongste IRR-opname, wat wys dat die DA nou voor die ANC is in kiesersondersteuning – ’n eerste in die geskiedenis. Die MK-party en die EFF toon ook groei, wat dui op ’n politieke landskap in beweging. Dit lyk of kiesers al meer fokus op brood-en-botter-kwessies eerder as op rasgebaseerde politiek. Dan is daar die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant na die VSA. Jonas, tans voorsitter van MTN, is aangewys om die bande tussen Pretoria en Washington te herstel nadat die vorige ambassadeur, Ebrahim Rasool, deur die Trump-administrasie uitgesit is. Maar Jonas se eie geskiedenis – insluitend sy 2020-toespraak waarin hy Trump as ’n “rassistiese, homofobiese en narsistiese regse” beskryf het – maak sy aanstelling kontroversieel. Voeg daarby MTN se betrokkenheid by ’n Amerikaanse terrorisme-regsgeding, en jy het ’n diplomatieke hoofpyn van formaat. Dis ’n week van belasting-onsekerheid, politieke verskuiwings en diplomatieke drama. Ons ontleed dit alles met die gebruiklike KLETS-humor en insig. Luister nou – voor die BTW jou begroting beetkry en die politieke verskuiwings en moontlike diplomatieke drama jou soos griep plattrek.
April 9, 2025
In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers. Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding? Neil deel sy eerlike, ongefilterde insigte oor: - Wat regtig in die GNU gebeur agter geslote deure - Die verhouding tussen die ANC en DA - Wat die MK-party se werklike strategie is - En wat Suid-Afrikaners kan verwag as MK aan bewind sou kom Maar – soos ons vir Neil ken – bring hy ook sy passie vir die land, sy hoop vir ons mense, en ’n bietjie inspirasie tussen al die chaos. Dis ’n gesprek wat jou laat dink, laat wonder, en dalk selfs laat glo dat ons nog nie die stryd verloor het nie. Hierdie episode is vir mense wat wil weet wat regtig aangaan in SA-politiek, sonder die propaganda – net eerlike perspektief en opinies.
April 2, 2025
Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf). Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu sentrum in Fourways, Johannesburg. Sy leer kinders hoe om boelies te counter in die BullyProof® program, help vroue hul krag vind met Women Empowered®, en glo: jy is die moeite werd om jouself te verdedig – selfs al dink jy nie so nie. Ons praat oor: - Waarom selfverdediging nie net oor balkei gaan nie, maar oor die regte mindset - Wat 'n mens op die mat leer wat jou lewe kan verander - Waarom elke vrou haar plek op én van die mat moet volstaan - En hoekom Jiu-jitsu jou nie net leer hoe jouself te verdedig nie – maar hoe om te leef met selfvertroue, kalmte, krag en bewustheid Ons kyk ook aan die ontstellende ontvoeringsyfers in Suid-Afrika – statistieke waaroor min gepraat word in hoofstroommedia, maar wat elke ouer, vrou en burger behoorlik moet wakker skud. Selfverdediging is nie ’n nice-to-have nie, dis nou noodsaaklikheid. Stephanie bring nie net tegniek nie – sy bring transformerende insigte. Letterlik én figuurlik. Dan rol ons van grondgreepe na geldsorge – die 2025-begroting stemdag wag vir ons op 2 April en dan sal ons hoor wie in die Regering van Nationale Eenheid (RNE) het die sterkste "Arm Lock". Of het die regering ons weer in 'n "Rear Naked Choke" Verder: - ’n ou in Johannesburg met ’n baie unieke besigheid, en - ’n 66-jarige vrou wat haar 10de kind kry – #fiks Dis hoe ons rol in vandag se KLETS.
Afrikaans.Radio
Maroela Media
Afrikaans.Radio
Magalies Afrikaanse Podcast
RSG
Killer Audio Creations
Primedia Broadcasting
Cloud10
Jacaranda FM
BizNews
Jacaranda FM
NBC News
audiochuck
The New Yorker
Pod Engine is not affiliated with, endorsed by, or officially connected with any of the podcasts displayed on this platform. We operate independently as a podcast discovery and analytics service.
All podcast artwork, thumbnails, and content displayed on this page are the property of their respective owners and are protected by applicable copyright laws. This includes, but is not limited to, podcast cover art, episode artwork, show descriptions, episode titles, transcripts, audio snippets, and any other content originating from the podcast creators or their licensors.
We display this content under fair use principles and/or implied license for the purpose of podcast discovery, information, and commentary. We make no claim of ownership over any podcast content, artwork, or related materials shown on this platform. All trademarks, service marks, and trade names are the property of their respective owners.
While we strive to ensure all content usage is properly authorized, if you are a rights holder and believe your content is being used inappropriately or without proper authorization, please contact us immediately at [email protected] for prompt review and appropriate action, which may include content removal or proper attribution.
By accessing and using this platform, you acknowledge and agree to respect all applicable copyright laws and intellectual property rights of content owners. Any unauthorized reproduction, distribution, or commercial use of the content displayed on this platform is strictly prohibited.